Piet Retief, Mpumalanga
Piet Retief | |
---|---|
Tipiese koloniale gebou in sentraal Piet Retief | |
Koördinate: 27°0′S 30°48′O / 27.000°S 30.800°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Mkhondo |
Stigting | 1882 |
Oppervlak | |
• Totaal | 66,00 km2 (25,48 vk. myl) |
Hoogte | 1 251 m (4 104 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 57 428 |
• Digtheid | 870/km2 (2 300/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.0% |
• Indiërs/Asiërs | 2.1% |
• Bruin mense | 1.3% |
• Swart mense | 88.2% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 82.8% |
• Afrikaans | 7.8% |
• Engels | 5.0% |
• Ander | 4.4% |
Poskode (strate) | 2380 |
Poskode (posbusse) | 2380 |
Skakelkode | 017 |
Webwerf | pietretief.co.za |
Piet Retief is 'n dorp geleë in die bosbougebied van suidelike Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is naby die grens met Eswatini en die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorp is in 1883 deur die Voortrekkers gestig en vernoem na die Voortrekkerleier Piet Retief. In 1886 het die slegs 72 inwoners van die dorp die republiek Klein Vrystaat uitgeroep wat tot 1891 bestaan toe dit ingesluit is in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Die dorp het in 1932'n munisipaliteit geword. Die vernaamste toeriste-aantreklikheid in die dorp is die Nederduits Gereformeerde Kerk wat deur die argitek Gerard Moerdijk ontwerp en in 1921 gebou is.
Naamsverandering
[wysig | wysig bron]Op 2 Februarie 2010 het die Suid-Afrikaanse minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, 'n staatsbesluit goedgekeur om Piet Retief te hernoem na eMkhondo.[2] Soos by baie ander post-apartheid naamsveranderings in Suid-Afrika, is hierdie optrede omstrede. Die meeste inwoners is onseker oor wat die nuwe naam beteken, en het aangevoer dat die dorpsnaam "Piet Retief" nie algemeen onaanvaarbaar was nie. Soos wel die geval was met 'n naam soos Verwoerdburg. Prominente Afrikanergroepe, insluitend die Vryheidsfront Plus, het belowe om die verandering te betwis.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 4 418km2 groot. Die omgewing se jaarlikse reënval beloop 1 000 mm. Die hoof-ekonomiese aktiwiteite is hout-, papier- en wattelbasproduksie sowel as mika-, kaolien- en ystermynbou.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Die Piet Retief-monument by die NG Kerk
-
Hoërskool Piet Retief in Macstraat
-
Die Evangelies Lutherse kerkgebou
-
Die NG-kerkgebou
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Gereformeerde kerk Piet Retief
- NG gemeente Piet Retief
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Nkosanjaneni (township)
- Welverdiend
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Piet Retief. |